Ornithopoda

’n Kunstenaarsvoorstelling van verskeie Ornithopoda-spesies se profiele.

Ornithopoda
Tydperk: Middel-JuraLaat Kryt
169–65.5 m. jaar gelede
Iguanodon (skets uit 1890).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Ornithopoda

(Marsh, 1871)
Subgroepe

    Shantungosaurus     Magnapaulia     E. annectens     E. regalis

’n Diagram wat die grootste bekende ornitopodes vergelyk met die mens.
Ornithopoda
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Ornithischia
Klade: Cerapoda
Klade: Ornithopoda
(Marsh, 1871)

Ornithopoda, of die ornitopodes, is ’n suborde of klade van die dinosourus-orde Ornithischia wat ontstaan het as klein, tweepotige grasvreters en in grootte en getalle toegeneem het totdat hulle een van die suksesvolste plantvreters in die Kryt-periode was en die Noord-Amerikaanse landskap oorheers het.

Die ornitopodes se grootste evolusie-voorsprong was die progressiewe ontwikkeling van kou-organe, wat die beste was wat nog deur ’n reptiel ontwikkel is en goed vergelyk het met dié van moderne beeste. Hulle het hul hoogtepunt bereik in die dae van die eendbek-Hadrosaurus voordat hulle in die Kryt-Paleogeen-uitwissing saam met ander nie-vlieënde dinosourusse uitgesterf het. Hulle het op al sewe kontinente voorgekom, hoewel hulle skaars was in die Suidelike Halfrond.


Developed by StudentB